Hou ’n valkoog op jou boerdery

Nico Myburgh, New Holland
Gepubliseer: 4 Augustus 2020

1279

New Holland Agriculture se PLM-presisieboerderytoerusting en -sagteware (Precision Land Management) sluit ’n volledige reeks satellietstuurstelsels en -opsies in.

Van dié stelsels word fabriek-toegerus in die maatskappy se trekkermodelle – van die T6090 tot die vlagskip-T9.670-model. Dié trekkers is gereed om RTX CenterPoint-korreksieseine te ontvang met 2,5 cm-akkuraatheid. Daar is ook ’n opsie om op te gradeer na PLM Connect RTK met ’n akkuraatheid van 1,5 cm.

Kliënte se trekkers van ander handelsmerke kan ook toegerus word met PLM-toerusting om sake sodoende te vereenvoudig. Die maatskappy beskik oor ’n wye verskeidenheid toerusting wat presisietoediening van saad, kunsmis en kalk asook seksiebeheer en implementstuur moontlik maak.

New Holland se selfaangedrewe Guardian-spuite beskik oor PLM IntelliSteer- en IntelliSpray-stelsels wat verseker dat akkurate toediening plaasvind. Die IntelliSpray-spuitbeheerstelsel hou die drukking in die spuitbalk teen die optimale druk, wat ’n konstante druppelgrootte handhaaf. Dié stelsel bied ook die vermoë om tot 36 virtuele seksies te benut met die opgraderingsopsie om elke spuitkop (nozzle) afsonderlik te beheer om oorvleueling sover moontlik te beperk. Dit bied ook draaikompensering wat presies dieselfde hoeveelheid produk om draaie toedien oor die totale wydte van die spuitbalk. Hierdie stelsel kan tot reusebesparings lei.

Die maatskappy beskik oor ’n intydse kinematiese netwerk (RTK-netwerk) wat oor byna alle bewerkbare landbougrond in Suid-Afrika strek. Die netwerk is reeds drie jaar in werking.

Verder word sagteware gebied vir die analise van opbrengsdata om produksiekoste te verlaag en besparings mee te bring. Gevorderde telematika word gebruik en van die nuutste databestuurprogramme en opgraderings is by die nuwe My PLM Connect-portaal, wat ses nuwe API-vennote bygekry het, beskikbaar. Die platform is ontwerp om die produsent te help om sy agronomiese data te bestuur – hetsy vanuit die kantoor of met sy slimfoon of tablet deur middel van ’n toepassing.

New Holland se PLM-presisieboerderytoerusting en -sagteware voorsien in produsente se unieke behoeftes.

Plaasbestuur
Hierdie hulpmiddel stel produsente in staat om hul bedrywighede van ’n afstand te bekyk, hul lande met ’n valkoog dop te hou, voorskrifte en agronomiese data te sien, toerusting op te spoor en individuele masjienprestasie te monitor. Vanaf ’n enkele plek kan plaasbestuurders die nodige veldinligting verskaf om die beste werksverrigting met werktuie te verseker. Data vir veldopstelling, soos geleidingslyne, grense en voorskrifte, kan gelyktydig met verskeie stukke toerusting verbind word vir maksimum tydbesparing en gebruiksgerief.

Vlootbestuur
Die vlootbestuurportaal is geoptimaliseer vir gebruiksgerief met intuïtiewe tegnologie wat inligting na plaasbestuurders, eienaars en handelaars buite die perseel oordra. Kennisgewings vir toerustingparameters kan opgestel word om data oor mobiele toerusting op te spoor en te ontvang. Indien probleme opduik, kan plaasbestuurders proaktief onderhoud aan gekoppelde voertuie beplan en uitvoer. Die Fleet Management-portaal bied verskeie opsies vir voertuigbestuur om optimale toerustingprestasie aan te moedig.

Databestuur
Danksy databestuurportale hoef gebruikers nie meer ’n USB-datastokkie te gebruik om data na hul rekenaar oor te dra nie. In plaas daarvan word data in die wolk versamel en dadelik weer vertoon. Boonop kan produsente tweerigtingdata naatloos tot op grondvlak oordra om ingeligte bedryfsbesluite te neem.

Nuwe API-vennote
Eienaars en operateurs van New Holland-toerusting kan hul rekeninge verbind met hierdie derdepartyondernemings wat daarop gefokus is om van landboudata gebruik te maak of veldinligting te ontvang: Trimble® Ag-sagteware, Farmers Edge™, AgDNA, Cropio, Farmers Business NetworkSM, Mapshots AgStudio en Granular.

Kontak gerus jou naaste New Holland-handelaar vir meer inligting.