Kunsmatige intelligensie (KI) word beskou as die volgende revolusionêre konsep (na die koms van die internet) wat die manier waarop ons besigheid doen dramaties gaan verander. KI is reeds in 1956 die eerste keer amptelik bekendgestel en is dus nie werklik nuut nie – dit is die ontwikkeling van rekenaarverwerkingstegnologie wat ons die afgelope twee jaar in staat stel om KI prakties toe te pas.
Die waarde van KI vir landbou is opgesluit in onder meer die volgende:
Masjienleer: Die stelsel leer en identifiseer patrone deur data te gebruik en te verstaan. Die eenvoudigste vorm van masjienleer is om oesskattings te doen, pryse te voorspel en bedrieglike transaksies te identifiseer.
’n Gesofistikeerde vlak van leer is om neurale netwerke te gebruik om meer komplekse patrone en strukture van data af te lei. ’n Toepassing daarvan sou wees om plantsiektes van foto’s af te identifiseer.
Natuurliketaal-verwerking: KI word gebruik om menslike taal te verstaan, te interpreteer en te genereer. Nuttige toepassings in landbou kan wees om stemassistente te gebruik om werkers te lei en te ondersteun om toerusting reg te gebruik. Werkers kan vrae vra wat dan in gesproke taal beantwoord word.
Kundige stelsels: KI word aangebied in die vorm van reëls wat gebruik word om besluite te neem. Voorbeelde daarvan is diagnostiese stelsels om bemestingsprogramme voor te stel of raadgewende stelsels om planttye voor te stel.
Robotika: KI word aangewend om masjiene te beheer. Voorbeelde van robotika is outonome trekkers, hommeltuie (drones) en robotte wat in voorraadstore en pakhuise gebruik word.
Die geleenthede opgesluit in die gebruik van KI is legio – die kuns is om die mees gepaste hulpmiddel te kies om jou besigheid deel te maak van die nuwe industriële revolusie. iPlan beskik oor die kundigheid en vermoë om jou te help om die beste keuses te maak.
Besoek gerus https://iplan.global/industries/agriculture of skakel ons by 087 702 6369.
Kontak alternatiewelik vir Nico Palm (nicopalm@iplan.global) indien jy belangstel om deel te wees van hierdie nuwe revolusie.












