JOHN DEERE WYS WEER SY UNIEKE GROEN

Rentia Mynhardt, namens John Deere
Gepubliseer: 4 Junie 2025

277

Gesels jy met enige NAMPO-besoeker, weet jy dat daar een standplaas is wat nie maklik misgeloop sal word nie: John Deere s’n! Jaar na jaar kry hierdie wêreldbekende handelsmerk dit reg om duisende voete te lok; iets wat jy nooit sal regkry as jy nie voortdurend nuut dink nie. John Deere wys deurentyd dat hy nie net besigheid as vanselfsprekend aanvaar nie, maar dat hy voortdurend met innovasie en lojaliteit teenoor sy kliënte produkte bly voortbring wat die produsent se besigheid bevoordeel.
Die “groen lig” het vanjaar helder op nuwe aanbiedinge geskyn:

Die nuwe 9RX 830-rusperbandtrekker
John Deere het sy grootste en mees gevorderde trekker nóg, toegerus met presisieboerdery-tegnologie, tydens NAMPO bekendge­stel. Hierdie enorme masjien is ontwerp om nuwe betekenis aan produktiwiteit en werkverrigting te gee. Plant- en bewerkingstyd moet deesdae al hoe vinniger afgehandel word. Hierdie trekker met sy 18-liter-sessilinder-dieselenjin is juis ontwerp om in daardie doel te slaag. Terwyl die rusperbande aandrywing op die grond verbeter, verminder dit tegelykertyd grondkompaksie.

Die nuwe 9RX 830-rusperbandtrekker is toegerus met presisieboerdery-tegnologie en is ontwerp om plant- en bewerkingstyd te verminder.

6M 230- en 250-trekkers
Die gewilde 6M-trekkerreeks (230 en 250) se opgradering is by NAMPO ten toon gestel. Hierdie kompakte trekker met meer perdekrag as sy voorganger kan nou in verskeie opsigte pasgemaak word volgens die kliënt se behoeftes.

John Deere se Hein Snyman (streeksproduksiespesialis) en Corné Coetzee (streeksbestuurder: Kliënte-ondersteuning) by die opgegradeerde 6M 230-trekker.

5E-reeks trekkers nou standaard met ekstra tegnologie vervaardig
Die John Deere 5E-driesilinder-trekker word nou met ’n telema­tiese stelsel (JD Link) vervaardig wat die produsent via die selfoonnetwerk toegang gee tot inligting soos ligging. Kennisgewings met tegniese besonderhede word direk na die handelaar en produsent gestuur. Die ondersteuning vanaf die handelaar is vir produsente baie voordelig omdat toerusting gemonitor kan word en probleme vroegtydig opgespoor en aangepak kan word. Bestellings op hierdie trekkers is reeds oop.

Freddie Rupping (John Deere-streeksprodukbestuurder) by ’n 5E-trekker wat nou met ’n telematiese stelsel (JD Link) vervaardig word.

Tegnologie vir ouer trekkers
Die nuwe “Precision Essentials” met ’n skerm, ontvanger en modem, maak dit moontlik dat ouer trekkers ook nou met tegnologie toegerus kan word wat in die verlede slegs op nuwe toerusting beskikbaar was. Hierdie pakket word volgens die produsent se behoeftes saamgestel met twee verskillende skermgroottes, die G5 en die G5+, afhangende van waar dit gebruik word. Die skerms is water- en stofdig sodat jy dit in ’n oop of toe kajuit kan gebruik.

Kies verskillende sagtewarepakkette met jaarliks hernubare lisensies, byvoorbeeld slegs outomatiese sporing, of die Essentials-lisensie wat jou beheer oor rywydtes en seksies gee. Die produsent verloor nie hierdie tegnologie wanneer die toerusting verkoop sou word nie, omdat die hardeware bloot na ’n ander trekker oorgedra kan word. Sagteware kan jaarliks opgegradeer word. ’n Opsionele stuurwiel is beskikbaar indien jou trekker nie autosteer ready is nie.

Hierdie pakket is meer bekostigbaar, meer toeganklik en meer aanpasbaar.

Precision Essentials maak dit moontlik dat ouer trekkers nou met nuwe tegnologie kan spog.
Die Precision Essentials-pakket sluit ’n ontvanger, modem en opsie vir twee skermgroottes in. Sagtewarepakkette wat saam met hierdie hardeware gebruik word, is jaarliks hernubaar.

Kompetisie
Die John Deere OFM “Lekker soos ’n Trekker”-kompetisie het tydens NAMPO tot ’n einde gekom nadat Richard Carey van Bloemfontein uit 300 inskrywings as wenner van die 5045D-trekker aangekondig is. Om vir die prys in aanmerking te kom, moes produsente ’n motiveringsbrief skryf oor hoe die trekker hulle lewe kan vergemaklik, asook ’n kort video maak om dit te illustreer.

Hierdie kompetisie was ’n weerspieëling van twee van John Deere se vyf kernwaardes, naamlik toewyding en menslikheid – dit was ’n manier om aan kliënte te wys dat hul harde werk, lang ure en laat nagte om die nasie te voed, raakgesien word.

Wanneer jy na die nuutste John Deere-produkreekse kyk, is dit opmerklik dat die John Deere-naam altyd teenaan die kajuit staan. Die rede hiervoor is dat hierdie maatskappy glo dat die kliënt en John Deere altyd die naaste aan mekaar moet wees.

Vir meer inligting oor John Deere se produkreeks, besoek www.deere.africa.

Richard Carey, wenner van die John Deere OFM “Lekker soos ’n Trekker”-kompetisie. Hy stap weg met ’n splinternuwe 5045D-trekker.
Bestuurslede van John Deere Afrika en Midde-Ooste by vanjaar se kroonproduk, die 9RX 830-trekker: Hein Snyman (produk- en presisiebestuurder: Agri), Hentie Breedt (besigheidsintegrasiebestuurder), Stephan Gouws (besturende direkteur) en Lucas Groenewald (bemarkingsbestuurder).
John Deere het weer vanjaar van hulle mynbou-, bosbou- en konstruksietoerusting by NAMPO uitgestal.
NWU se finalejaar-BScAgric-studente het John Deere se stalletjie besoek om meer inligting oor presisieboerdery te bekom.
Veeboere Carmen, Fourie en klein Steyn Vosloo het John Deere se stalletjie besoek en die L341R-baler van naderby bekyk. Hulle boer met angorabokke en het al die pad van die Oos-Kaap gekom om NAMPO by te woon.