Die Suid-Afrikaanse kanolabedryf verg saad van ongeëwenaarde gehalte – en dit is presies wat Nuseed, in eksklusiewe vennootskap met Agricol, bied. Met ’n wêreldwye reputasie vir innoverende genetika en streng kwaliteitbeheer, is Nuseed die voorkeurkeuse vir kanolaprodusente wat op soek is na betroubare opbrengste en geneties suiwer saad wat konsekwent presteer in verskeie groeitoestande.
Waarom Nuseed-kanola?
Nuseed se toewyding aan uitmuntendheid het hulle ’n wêreldleier gemaak in kanolagenetika. Dit bied Suid-Afrikaanse produsente unieke voordele soos:
Hoëgehaltegenetika wat konsekwente opbrengste en uitstekende olie-inhoud verseker. Streng kwaliteitsbeheer wat verseker dat saad vry is van genetiese onsuiwerhede en aan markstandaarde voldoen. Lae GMO-risiko – Nuseed se produksiepraktyke en isolasieprotokolle verseker dat die saad aan Suid-Afrikaanse regulasies voldoen. Eksklusiewe beskikbaarheid deur Agricol, die markleier in Suid-Afrika vir kwaliteitsaadprodukte.

Bewese prestasie
Nuseed is ’n dominante rolspeler in die wêreldmark en ’n sleutelverskaffer van kanolagenetika. In Australië, een van die grootste kanolaproduserende lande ter wêreld, word meer as 50% van die 3 miljoen ha kanola met Nuseed-genetika geplant. Hierdie markleierskap is ’n bewys van Nuseed se voortdurende innovasie en toewyding aan kwaliteit.
Suksesvolle variëteite soos HyTTec Trophy, HyTTec Trifecta en HyTTec Velocity, wat nou in Suid-Afrika beskikbaar is, het reeds bewys dat dit uitmuntende opbrengste en siekteweerstand bied. In die 2024 Nasionale Variëteitstoetse (NVT) in Australië, het drie van die topvyf- triasientolerante (TT) variëteite uit Nuseed se HyTTec-reeks gekom, wat hul posisie as ’n voorloper in die bedryf verder versterk het. Met meer as 65% van die kanolabaster-TT-marksegment inAustralië, bly Nuseed aan die voorpunt van genetiese vooruitgang.
Kwaliteit van produksie
Nuseed se wêreldklasteelprogram en streng produksieprotokolle stel ’n nuwe standaard vir kanola in Suid-Afrika. Met ’n uitgebreide reeks toetse, insluitend kiemkragtigheidstoetse, genetiese suiwerheidstoetse en GM-vrye sertifisering, is Nuseed se saad ’n veilige en betroubare belegging vir produsente.
Agricol, met meer as 65 jaar se ervaring in saadverskaffing, is trots om die eksklusiewe verspreider van Nuseed se kanolasaad in Suid-Afrika te wees. As die saadmaatskappy met die grootste verskeidenheid kwaliteitprodukte in die land, is Agricol se doel om produsente te voorsien van die beste saad vir suksesvolle oeste. Kies Nuseed en Agricol – die betroubare naam in kanola! Vir ’n kanola-aanbeveling in jou area, skakel jou naaste Agricol-tak of ’n Agricol-saadagent.
