Ureum is ’n koste-effektiewe stikstofbron, maar dit het die nadeel dat groot hoeveelhede stikstof verlore kan gaan deur vervlugtiging. Kynoch het hierdie uitdaging erken en het reeds in die verlede Kynoplus bemark. Verdere innovasie en verbetering het gelei tot die bekendstelling van Kynoplus Pro®, wat nog meer voordele bied. Kynoplus Pro bevat twee aktiewe bestanddele, Duromide en NBPT, wat nog meer beskerming teen stikstofverliese bied en in ’n wye reeks toestande stabiel bly.
Lae pH beperk nie vervlugtiging nie
Navorsing toon dat ureum steeds vervlugtig, selfs by ’n lae pH. Hoewel vervlugtiging by ’n hoër pH toeneem, vind beduidende stikstofverliese steeds plaas teen ’n lae pH. Kynoplus Pro beperk hierdie verliese tot slegs 4%, wat beteken dat meer stikstof vir plantopname beskikbaar bly (Federale Universiteit van Santa Maria, 2020).
Temperatuur beïnvloed vervlugtiging
Hoe hoër die temperatuur, hoe meer die vervlugtiging. Vervlugtiging is by 28 °C en 38 °C getoets. Selfs by 28 °C was die verliese aansienlik. Die toetse het egter getoon dat Kynoplus Pro hierdie verliese met tot 79% verminder, wat beteken dat stikstof meer doeltreffend benut word, ongeag die temperatuur (Federale Universiteit van Santa Maria, 2021.

Droë grond waarborg nie minder verliese
Daar is ’n wanpersepsie dat ureum nie vervlugtig as dit op droë grond toegedien word nie. Studies wys egter dat slegs 3 mm vog voldoende is om die vervlugtigingsproses te aktiveer. In die navorsing het die produkte vir 60 dae op die grondoppervlak gelê voordat die 3 mm vog toegedien is. Self na die 60 dae het Kynoplus Pro® stikstofverliese met 78% verminder. (Federale Universiteit van Santa Maria, 2024.
Besproeiing na toediening is nie genoeg nie
Sommige produsente glo dat besproeiing ureumvervlugtiging heeltemal kan voorkom. Toetse toon egter dat selfs met 10 mm besproeiing, noemenswaardige verliese steeds plaasvind. Kynoplus Pro verseker ’n meer doeltreffende beskerming teen hierdie verliese (Federale Universiteit van Santa Maria, 2022).

Inwerking van kunsmis verminder nie altyd verliese nie
Terwyl sommige glo dat die inwerking van ureum vervlugtiging heeltemal voorkom, toon navorsing dat met ’n 5 cm-bewerking aansienlike verliese steeds plaasvind. Kynoplus Pro help om hierdie verliese verder te beperk, wat beteken dat meer stikstof vir plantopname beskikbaar bly (Federale Universiteit van Santa Maria, 2022).
Meer ureum is nie die oplossing nie
’n Algemene wanopvatting is dat hoër ureumdosisse vir verliese kan vergoed. Navorsing toon egter dat hoër konsentrasies die vervlugtigingsproses versnel, wat selfs groter verliese veroorsaak. In die navorsing het die verliese gestyg vanaf 36% by 30 kg N/ha tot 52% by 150 kg N/ha. Met Kynoplus Pro kan jy minder stikstof verloor en ’n beter opbrengs verseker. (Zheng et al., 2018, Biology and Fertility of Soils. 54: 411-422).
Verbeterde stikstofopname en hoër opbrengste
Toetse toon dat plante hoër stikstofvlakke het wanneer Kynoplus Pro gebruik word in vergelyking met ander stikstofbronne. Dit beteken verbeterde voeding en uiteindelik ’n hoër opbrengs vir produsente (Otto et al., Foundation for Agricultural and Forestry Studies and Research, 2022).
In die grafiek is dit duidelik dat die voordeel van Kynoplus Pro deurtrek tot by die opbrengs. Die verskil kan oor verskeie stikstofpeile en seisoene gesien word.
Navorsing bevestig dat ureumvervlugtiging steeds ’n groot uitdaging is in verskeie toestande. Kynoplus Pro bied ’n bewese oplossing om verliese te verminder en opbrengste te maksimeer. Moenie verliese aanvaar as ’n gegewe nie – Kynoplus Pro is die sleutel tot doeltreffende stikstofbenutting en verbeterde winsgewendheid!
Besoek ons by NAMPO in die buitelugarea in gebou A15 om meer te leer oor hierdie baanbrekerproduk.
Kynoplus Pro® (Anvol) registrasienommer M295 volgens Wet 36 van 1947.