Produsente in Suid-Afrika is hulle eweknieë wêreldwyd voor wanneer dit oor die aanwending van gevorderde tegnologie gaan. Lae subsidies, klimaatsomstandighede en arbeidsuitdagings dra waarskynlik hiertoe by.
Metodes om boerdery meer doeltreffend, goedkoper en bekostigbaar te maak, word voortdurend ondersoek. Besigheidstelsels is dikwels laer op die prioriteitslys. Dit is makliker om toerusting soos stropers, trekkers en spilpunte aan te koop, aangesien dit tasbare bates is wat makliker verstaan en onderhou kan word.
Die waarde van besigheidstelsels is moeiliker om te kwantifiseer. Produsente het in baie gevalle nie kundigheid beskikbaar om dit te bedryf en te onderhou nie. Besigheidstelsels is nie meer die ingewikkelde monsters van die verlede of slegs ’n luukse nie, maar ’n noodsaaklike deel van ’n suksesvolle onderneming.
’n Goeie besigheidstelsel kan landbouers in staat stel om insetkoste akkuraat te bestuur. Die toediening van chemikalieë of gifstowwe kan byvoorbeeld sorgvuldig gemeet en gerapporteer word. Die verbruik word met die fisiese voorraad in die stoor vergelyk om vinnig vermorsing en moontlike diefstal te identifiseer. Die koste van insette kan in verband gebring word met die opbrengs en kan help om meer sinvolle besigheidsbesluite te neem. Baie veranderlikes is tydens produksie ter sprake, byvoorbeeld water, grond, klimaat, grondstowwe en landboupraktyke. Akkurate rekordhouding en rapportering van veranderlikes stel produsente in staat om makliker die impak van ’n veranderlike (of kombinasie daarvan) met die opbrengs in verband te bring.
’n Geïntegreerde besigheidstelsel hou rekord van uitgawes (insluitende vervoer- en bergingskoste) en stel die landbouer in staat om beter pryse te onderhandel om die produk by die verbruiker te kry.
Moderne besigheidstelsels bevat meganismes om datatoevoer makliker te maak deur dit direk op die land te doen. Goeie besigheidstelsels verskaf inligting vinnig en in ’n verstaanbare formaat aan die produsent. Dit is nie nodig om ’n IT-spesialis in diens te neem om die besigheidstelsel te onderhou of te verstaan nie.
iPlan spesialiseer in die implementering van besigheidstelsels vir die landbousektor, met opsies beskikbaar vir kleinboere tot megaboerderye. Kontak ons gerus om opsies te ondersoek. Ons het die nodige kundigheid om besigheidstelsels volledig te implementeer en te ondersteun.
Web address: www.iplan.global
Email address: info@iplan.global
Contact: Nico Palm @ nicopalm@iplan.global or +27 83 417 7207