SA Graan/Grain-artikelreekse

SA Graan/Grain publiseer gereeld opwindende en baie gewilde artikelreekse geskryf deur kundiges in hul betrokke kennisvelde. Om dit makliker te maak vir ons lesers om toegang tot hierdie waardevolle reekse te hê, word hulle hier vir hul gerief gepubliseer:

Kategorie

1. BEWARINGSLANDBOU

Titel

Geïntegreerde gewas- en aangeplante weiding-gebaseerde lewendehawe-produksiestelsels

Skrywers

Dr Hendrik Smith, Graan SA
Dr Wayne Truter , Universiteit van Pretoria
Prof Chris Dannhauser, Grass SA
Mnr Gerrie Trytsman, LNR-Diereproduksie

Opsomming


Bewaringslandbou uit ‘n lewendehaweprodusent se perspektief. In hierdie reeks bespreek dr Hendrik Smith et al. ‘n lewendehaweprodusent se opsies met betrekking tot geïntegreerde gewas- en aangeplante weiding-gebaseerde lewendehaweproduksiestelsels.
Leer Meer

Kategorie

2. ONKRUIDREEKS

Titel

Beheer van onkruide in mielies en koring

Skrywers

Elbé Hugo, voorheen verbonde aan LNR-Graangewasse
Hestia Nienaber, LNR-Kleingraan

Opsomming


‘n Beskrywing en beheer van die belangrikste onkruide in mielies en koring. Twaalf onkruide in totaal, en die chemiese middels wat benodig word om dit te beheer, word bespreek.
Leer Meer

Kategorie

3. GRONDREEKS

Titel

Grond: Die produsent se belangrikste bate

Skrywers

Martiens du Plessis, grondkundige, NWK Beperk
Prof Cornie van Huyssteen, dosent: Grondkunde, Universiteit van die Vrystaat

Opsomming


Grond is die produsent se mees fundamentele hulpbron, waarsonder voedsel en natuurlike vesel nie geproduseer kan word nie. Daarbenewens is dit ook dikwels die produsent se enkele duurste kapitale bate.
Leer Meer