SA Grain April 2024

  • All
  • COLUMNS
  • EDITORIAL
  • INPUT & PRODUCTION
  • MARKETING
  • NEWS
  • Sponsored Content None

Oplossings vir platteland wys ware Suid-Afrika

Ek probeer al my emosies en die feite in my kop ontlont na twee dae se hoë-impakstories. Landbouweekblad en Senwes se Oplossings vir SA se Platteland-konferensie in Februarie op NAMPO Park was ’n droom na die sukses van dié tydskrif en Agri SA se grondberaad by Bela-Bela in 2018. Dit was die antwoord op: “Wat is volgende?” Weer eens het die landbou en sy mense nie teleurgestel nie. Ons het almal al gehoor van die ou Suid-Afrika en die frustrasies met die nuwe Suid-Afrika, maar net hier en daar het iemand al begin vra hoe die ware Suid-Afrika lyk. Ek […]

NAMPO 2024 omhels konnektiwiteit vir volhoubare groei

Soos die wêreld in die digitale era vorder, staan die landbousektor in Suid-Afrika aan die begin van ’n transformerende reis. Met tegnologie wat vinnig in elke faset van ons lewens integreer, kan die relevansie van landbou in ’n digitale era nie oorskat word nie. NAMPO 2024, die 56ste aanbieding van die Oesdag, vind plaas van 14 tot 17 Mei en is gerat om die nuutste neigings en ontwikkelings wat aangebied word ten toon te stel. Die NAMPO Oesdag het sedert sy ontstaan die voortou geneem om landbou-innovasie op ’n eenstop-platform in Suid-Afrika te vertoon. Die tema “Landbou in ’n Digitale […]

Impressions that will last

The agricultural sector and specifically grain producers­ carry a heavy burden of uncertainty as a result of the drought. This is a one-man battle against the onslaught of the elements and the unpredictability of nature and it takes an incredible amount of courage and perseverance to succeed. Despite the drought the grain industry remains strong when other countries in Southern Africa are facing famine due to poverty and a lack of production capacity. This underlines the importance of free-market principles with appropriate support measures to ensure internationally competitive production, including logistics, access to the best genetic and other technology and […]

Expertise in irrigation and seedbed prep under one roof

For more than 100 years, Agrico has been innovating to bring you some of the finest technology in agriculture. From efficient irrigation to purpose-built implements, we offer the best of both worlds. Our expertise in irrigation design and seedbed preparation is what your farm needs to take it to the next level. Don’t believe us? Come see for yourself at NAMPO 2024. Irrigation highlight Agrico G4 Centre Pivot: The world’s first theft-resistant pivot As the leading manufacturer of centre pivots in South Africa, we’ve invested in the research and development required to bring you the most advanced technology in irrigation: […]

KONGRES 2024 – ’n boer maak mos ’n plan

Graan SA se 2024-kongres, ’n deurslaggewende gebeurtenis in die landbousektor, het vanjaar gevra: “Wat laat produsente snags wakker lê?” En die algehele fokus was daarop dat ons … planmakers is! Kongres het gedien as ’n uitstekende platform vir Graan SA-lede, belanghebbendes, beleidmakers, navorsers en kundiges in die bedryf om saam te kom en relevante kwessies wat die graanbedryf raak, te bespreek. Tydens die aanbieding was NAMPO Park weer die middelpunt van gebeure op 13 en 14 Maart. Met die Suid-Afrikaanse graan- en oliesadebedryf wat die afgelope jaar gekenmerk is deur ’n kombinasie van kwessies en deurbrake, het dié jaar se […]

KUNSMISPRYSE DAAL, maar is steeds nie laag

Tradisioneel word tussen 30% en 50% van ’n graan- en oliesaadprodusent se insetkoste aan kunsmis bestee. Kunsmis maak so ’n groot deel van insetkoste uit dat enige verande­ring – veral ’n prysverhoging – winsgewendheid drasties kan beïnvloed. Die feit dat Suid-Afrika ’n netto invoerder van kunsmis is, vererger die situasie verder. Alle ingevoerde kunsmis se pryse word deur ’n hele reeks faktore beïnvloed, soos die wisselkoers, vervoerkoste en ander administratiewe koste soos arbeid en elektrisiteit. Invoervolumes en prysveranderinge Grafiek 1 illustreer Suid-Afrika se kunsmis­in­voere van monoammoniumfosfaat (MAP), ammoniak, ureum en kaliumchloried vanaf verskeie lande sedert 2009. Hoewel dit nie die […]

Brasilië se graanrewolusie: ’n verhaal van innovasie en volharding

Dit is geen geheim dat die internasionale graanmark hoogs mededingend is nie – en Suid-Afrikaanse produsente is nie immuun teen hierdie werklikheid nie. Om in die globale graanmark mede­dingend te bly, is dit noodsaaklik vir plaaslike produsente om die faktore te verstaan wat aanleiding gee tot groot graanproduserende lande se sukses en hoe dié lande hul huidige posisie van sukses bereik het. Aangesien Brasilië ’n beduidende invloed op internasionale graanpryse uitoefen, spesifiek op mie­lie- en sojaboonpryse, is dit belangrik om die funksionering van die Brasiliaanse graanbedryf te verstaan. Die fokus van hierdie artikel is op dié land, wat merkwaardige sukses […]

DRYING SOYBEANS – a good investment in high-humidity areas

It may seem strange to artificially dry a crop that normally dries in the field, but the benefits to the practice – such as reduced crop loss, more efficient use of harvesting equipment and a possible price advantage – make it worthwhile to dry soybeans in a dryer. Time (and location) is key In South Africa the drying of soybeans is not as common a practice as in other soybean production countries of the world. Ralf Küsel, member of the Grain SA Board, says South Africa’s climatic conditions during the soybean harvesting period are unique in that there is very […]

Indrukke wat sal bly

Die landbousektor en spesifiek graanprodusente verkeer onder ’n swaar las van onsekerheid as gevolg van die droogte. Hierdie is ’n eenmanstryd teen die aanslae van die elemente en die onvoorspelbaarheid van die natuur en dit verg ’n ongelooflike hoeveelheid moed en deursettingsvermoë om die wa deur die drif te trek. Ten spyte van die droogte bly die graanbedryf in Suid-Afrika steeds sterk in ’n tyd wat honger­snood ander lande in Suider-Afrika in die gesig staar weens armoede en ’n gebrek aan produksiekapasiteit. Dit onderstreep die belangrikheid van vryemarkbeginsels met gepaste ondersteuningsmaatreëls om internasionaal mededingende produksie te verseker, insluitende logistiek, toegang […]

Dit gaan goed met Graan SA, sê nuwe HUB

Met dr Tobias Doyer se toetrede as nuwe HUB van­ Graan SA vroeg in Februarie vanjaar, wou SA Graan/Grain by hom uitvind wat sy indrukke van die Kongres en die organisasie as ’n geheel is. So tussen die sessies deur en met ’n koffie in die hand gesels hy op NAMPO Park oor die gesprekke wat hy gedurende die twee dae by Kongres met produsente gehad het. “Een ding is seker, dit gaan swaar daar buite, maar ek bespeur hoop en vasbyt by ons lede. Wat my opgeval het, is die deursettingsvermoë, aanpasbaarheid en innovasie wat eie is aan ons […]

Are your farmworkers trained in the responsible use of pesticides?

Crop protection is a vital pillar in the continuous pursuit of our producers to provide enough food for the growing population, but it should not pose a risk to human health or the environment. That is why it is so important that everyone who works with these products are properly trained in the responsible use thereof. This kind of training cannot be treated as a ‘nice to have’ and it is our collective duty as an industry to make the necessary information available to those who need it. Thankfully, with the dawn of the digital era, the tools available to […]

Verbeter jou GRAANBEMARKING hierdie seisoen: Deel 2

18/03/2024 Risikobestuur kan ’n uitdagende taak wees, veral wanneer markte oorheers word deur wisselvalligheid en gepaardgaande onsekerheid. In die vorige graanmark-oorsig (SA Graan/Grain Maart 2024) is markinstrumente in diepte bespreek, maar hoe kan hierdie instrumente in ’n bemarkingstrategie toegepas word om nie net ’n produsent se risiko te versag nie, maar ook winste te optimaliseer? Hierdie artikel is die tweede in ’n reeks en beoog om bemarkingsplanne in meer detail te bespreek. Die volgende (en laaste) artikel in die reeks vat al die artikels saam en bespreek hoe die markinstrumente deur strategieë in verskillende bemarkingsplanne gebruik kan word. Die mees […]

SA-graanprodusente sukkel te midde van erge droogte en hittegolwe

Suid-Afrika word deur ’n ernstige droogtekrisis in die gesig gestaar wat deur uiterste hittegolwe vererger word – en die land se graanprodusente onder geweldige druk laat wankel. Die versengende temperature en langdurige droë periodes het landbougrond verwoes en beide ontwikkelende en kommersiële produsente ernstig geraak. Met finansiële druk wat toeneem as gevolg van verlaagde opbrengste en stygende produksiekoste, doen die Suid-Afrikaanse graanbedryf ’n dringende beroep op die regering vir ondersteuning en bystand om die las op produsente te verlig. Die huidige droogte wat Suid-Afrika teister het landboutoestande tot hul uiterste gedruk. Die meedoënlose hittegolwe, tesame met wisselvallige reënvalpatrone, het landerye […]

GRAAN SA-HEFFING gee produsente ’n plek om die tafel

In 2023 het Graan SA ’n heffingsinkomste van R31,5 miljoen gerapporteer, wat R1,6 miljoen meer is as waarvoor daar begroot is. Die finansiële bydrae verteenwoordig slegs 30% van die nasionale oes, maar wel 70% van die graanprodusente in die land. Volgens Richard Krige, visevoorsiter van Graan SA wat die statistieke aan Kongres voorgehou het, moet die vraag gevra word of Graan SA steeds kan aandring op ’n plek om die onderhandelingstafel as die organisasie slegs 30% van die oes verteenwoordig. Dit is belangrik om seker te maak dat die persentasie verhoog – dit is die verantwoordelikheid van elke lid van […]

‘We cannot turn our backs on grain industry,’ says Land Bank chair

Thabi Nkosi, chairperson of the Land Bank, attended Grain SA’s Congress this year to show solidarity with grain producers in South Africa. Informally addressing Congress, she said Grain SA plays an important role in the South African grain industry, which forms the greatest segment of the Land Bank’s clientele. ‘Our relationship with Grain SA is one we continue to nurture,’ she added. Nkosi apologised for the struggles producers have experienced in working with Land Bank in the past. She assured Congress that over the past two years they have been working hard to stabilise balance sheets, rebuild products, and to […]

Several factors work together TO ENSURE QUALITY FUEL

There is a story about a technical assistant at one of the major oil companies who was called out by a producer who complained of diesel contamination which was affecting the operation of his machines. The technician dutifully made his way from Johannesburg to the farm and travelled down a dirt road towards the diesel storage area, where he found a horizontal drum atop a structure allowing the producer to gravity feed his machines. On approaching this structure, the technician immediately turned around and drove back to his office. After witnessing this, the annoyed producer phoned the technician’s manager to […]

EARLY-SEASON APHIDS – these principles are critically important

In many wheat fields in the Western Cape the control of early-season aphids with insecticides is a standard practice. In some cases, seed is treated with a systemic insecticidal dressing before planting and in others insecticide is added to the spray tank when herbicides are applied. Is this the best way to control aphids? The principles Let us look at some principles that are critically important to keep in mind when considering pest control. Figure 1 shows the crop-pest response curve which illustrates how damage from a pest occurs on a crop over time. Aphid infestation time is shown from […]

Knowledge leads to success

Although the farm Welgevonden in the Carolina district in Mpumalanga belongs to Joseph Shabangu, it is his brother Simon Shabangu (53) who is the crop farmer. The brothers work in a profit-share structure where Simon is in charge of crop production, but also shares in the profits of the other businesses – cattle, sheep, goats and chickens. Joseph works in transportation in Witbank and tends to the livestock side of the farming enterprise. Any profit made in the livestock branch is ploughed back into the crop production side. Simon is grateful to the Phahama Grain Phakama (PGP) team for everything […]

Om ’n droom te leef

Beste Grootneef Ek gesels verlede week met ’n bekende radioman met ’n helder en soepel Engelse aksent. ’n Stem wat die handelsmerk van verskeie radiostasies en TV-programme geword het. Jy kan maar sê, ’n Engelse weergawe van Spiekeries of Edwill van Aarde! As jy die stem hoor, sal jy weet jy gesels met David. David O’Sullivan. Omroeper en rugbyspesialis wat oor baie jare met sy innemende stemtoon en opregte belang­stelling gesprekke met beken­des oor die radiogolwe van die Suidland laat uitrol het. Vele reis­ure is verkort met David se vrae aan en spitsvondige kommentaar oor wie hy ook al ’n […]

Toekennings gemaak aan dié woordsmede

Die lede van die media wat Graan SA se Kongres bywoon, wys jaarliks die beste spreker van die vloer af aan. Ramoso Pholo, Graan SA-raadslid vir Streek 28, se pleidooi om hulp vir produsente in sy kontrei wat swaar onder droogte gebuk gaan – en dit nadat hulle in die vorige seisoen geteister is deur erge vloede – het diep getref. Hy het Kongres meegedeel dat baie produsente glad nie kon plant nie. “Hierdie is die verskriklikste jaar – ek is in my 60’s, hoe gaan ons oor begin? My vertroue is in God,” het hy bygevoeg. Die Koster-skild word [...]

Hulle neem die tuig op

Dit was John C. Maxwell wat geskryf het: “Die beste leiers word gevorm deur die uitdagings wat oor hul pad kom.” Met die vele uitdagings wat landbou tans moet trotseer is die keuse van die regte leierskap van deurslaggewende belang vir die volhoubaarheid van Graan SA en die graanbedryf as geheel. By vanjaar se Kongres is Derek Mathews weer as voorsitter verkies en Richard Krige en Jeremia Mathebula as visievoorsitters van Graan SA se Uitvoerende Raad. Die nuutverkose raadslede is Cobus van Zyl vir Streek 3, Pietman Botha vir Streek 7, Hendri Jansen van Rensburg vir Streek 17, Dissie Kruger […]

Fokus op dié praktyke en bly volhoubaar boer: Deel 1

Landbou is voortdurend betrokke by ’n onderhandelingsproses te midde van vele faktore wat uitdagings veroorsaak. Aan die een kant moet die sektor die belange van die produsent dien en toesien dat hy produktief bly boer, terwyl daar aan die ander kant ’n sterk fokus op voedselsekerheid en volhoubare produksiemetodes geplaas word. As produsente egter om welke rede ook al die handdoek in die landboukryt ingooi, sal dit haas onmoontlik wees om die doelwit van volhoubare voedselproduksie te bereik. Produsente wat volhoubaar bly boer, is dié fundamentele beginsel waarop volgehoue voedselsekerheid berus. Die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies (FAO) […]

LEERGIERIGE JONGBOER DEEL GRAAG SY KENNIS

Maart se held: Danie Bester In die 20 jaar wat Danie Bester in boerdery betrokke is, vergestalt hy die beeld van ’n jong, moderne boer – nuuskierig, leergierig, tegnologie-bedrewe en gedrewe. Bester se wetenskaplike benadering tot boerdery is alombekend asook die feit dat hy nie skroom om sy bevindinge en kennis by sy eie boeredag, op sosiale media en as spreker tydens konferensies en inligtingsessies met ander te deel nie. Om hierdie rede kan hy gesien word as een van die bedryf se helde. Die feit dat hy jaarliks in sojaboon- en mielieverbouing in die Graan SA Groei vir Goud-opbrengskompetisie […]

Burgerlike en onregmatige arrestasies: Wat sê die wet?

Landelike veiligheid staan sentraal tot die skep van welvarende landelike ekonomieë. Tydens Landbouweekblad en Senwes se Oplossings vir SA se Platteland-konferensie wat in Februarie op NAMPO Park aangebied is, was dit opmerklik hoeveel van die gemeenskapsprojekte wat tydens die geleentheid as suksesverhale uitgelig is, om landelike veiligheid draai. Volgens Cobus van Zyl, voorsitter van die Agri Securitas-trustfonds, is die toe­nemende voorkoms van misdaad ’n groot bron van kommer in landbougeledere en is sekere gemeenskappe uitgesproke oor wat hulle beskou as onvoldoende optrede deur die polisie om plaasaanvalle en landelike misdaad aan te pak. “Produsente en plaaswer­kers is veral kwesbaar vir […]

Knelpunte in die bedrywe GOED DEURGETRAP

Verskeie belangrike bedryfsaangeleenthede is tydens die jaarlikse wegbreeksessies by Kongres 2024 bespreek. Hier volg punte wat vir die SA Graan/Grain-redaksie uitgestaan het. Mielies Uitvoere: Gegewe die huidige infrastruktuur en kapasiteit, doen Suid-Afrika baie goed as dit kom by uitvoere, maar dit kan verbeter met beter infrastruktuur en bestuur van bottelnekke. Vervoer: Wat witmielies betref, bly spoorvervoer ’n prob­leem en meer padvervoer vind plaas. Ondersoek word ingestel na abnormale vragte, maar goedkeuring en permitte bly ’n voortdurende probleem. Nie al die laaipunte se infrastruktuur is geskik vir dié vragte nie. Nuwe beleid rakende spoorvervoer kan in Junie-maand deurkom om privatisering moontlik […]

Stories oor rugby en die lewe inspireer

Rassie (Johan) Erasmus is een van daardie mense vir wie jy oneindig lief is óf grensloos haat, maar dié direkteur van SA Rugby is beslis nie iemand wat geen emosie ontlok nie. En gemiddeld is hy definitief ook nie. David O’Sullivan, bekende uitsaaier en skrywer, wie se topverkoperbiografie oor Erasmus, Rassie: Stories oor Rugby en die Lewe, verlede jaar gepubliseer is, het by Graan SA se Kongres op NAMPO Park oor die boek, maar veral oor Erasmus as mens, gepraat. Erasmus het op Despatch grootgeword, ’n klein dorpie in die Oos-Kaap, waar hy weens sy pa se drankverslawing vernedering eerstehands […]

Producers should UNITE TO SURVIVE

The reality that producers face challenges is a universal phenomenon spanning continents – a fact that was once again underscored at the 2024 Congress of Grain SA. Keynote speaker David Hughes, vice-president of the International Farm Management Association of Argentina, elucidated South African producers regarding the shared points of interest between them and their Argentine counterparts, particularly concerning challenges in the agricultural sector in both countries. With a family legacy spanning 150 years in agriculture, Hughes currently owns two farms in the Buenos Aires region where maize, soybeans and wheat are cultivated. He has extensive expertise as a farm manager […]

Maak só plan met droogtemielies

Net soos gedurende die 2015/2016-droogte beleef baie produsente tans ernstige hittegolwe en gepaardgaande vogtekorte. Hierdie toestande het tot gevolg dat blokke graanlande reeds skade gely het en produsente is op soek na ’n alternatiewe aanwending van hierdie lande, meestal as voer. Droogtegeteisterde mielies kan op verskeie maniere aangewend word, maar dit word hoofsaaklik vir voer gebruik. Die aanwending daarvan word natuurlik deur die mate van droogteskade bepaal. Dit kan enigiets wees tussen “jaag die diere in en wei dit af” of “sny af vir kuilvoer”. Die fokus hier is die oorwintering van die vee. Produsente wat nie oor ’n veevertakking […]

NAMPO 2024 omhels konnektiwiteit vir volhoubare groei

Soos die wêreld in die digitale era vorder, staan die landbousektor in Suid-Afrika aan die begin van ’n transforme­rende reis. Met tegnologie wat vinnig in elke faset van ons lewens integreer, kan die relevansie van landbou in ’n digitale era nie oorskat word nie. NAMPO 2024, die 56ste aanbieding van die Oes­dag, vind plaas van 14 tot 17 Mei en is gerat om die nuutste neigings en ontwikkelings wat aangebied word ten toon te stel. Die NAMPO Oesdag het sedert sy ontstaan die voortou geneem om landbou-innovasie op ’n eenstop-platform in Suid-Afrika te vertoon. Die tema “Landbou in ’n Digitale […]