February 2015

LIANA STROEBEL, ontwikkelingskoördineerder, Graan SA

Deel van Graan SA se missie is om verhoudinge tussen beleidmakers en produsente te versterk. In die lig hiervan, het Graan SA onder leiding van dr Marinda Visser (bestuurder: Bedryfsdienste, Graan SA), mnr Corné Louw (senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA) en mnr Toit Wessels (lede bemarker: Kaapprovinsie, Graan SA) ‘n reeks besoeke in die koring produserende areas van die Wes-Kaap vir senior beleidmakers van uit verskeie departemente op 27 en 28 Oktober verlede jaar georganiseer.

Graan SA het die voorreg gehad om vir mnr Jonathan Mudzunga (van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en die direkteur wat verantwoordelik is vir die beheer van landbou-insette), dr Yolisa Pakela-Jezile (senior bestuurder van Opleiding en Tegnologie-oordrag by die LNR); me Maneshree Jugmohan-Naidu (direkteur van Biotegnologie by die Departement van Wetenskap en Tegnologie) asook me Tafadzwa Kadzombe (direkteur van Agro-prossessering), wat ingestaan het vir Me Unati Speirs, hoofdirekteur van Agro-prossessering by die Departement van Handel en Nywerheid, te ontvang.

Besoeke is aan mnr Koos Blanckenberg van Klipheuwel (Durbanville); Overberg Agri se Roodebloem proefplaas buite Caledon; die Agri Dwala groep; Swart Boerdery by Elim asook mnr Richard Krige van Boontjieskraal Landgoed (Caledon) afgelê. Produsente het die geleentheid gehad om ‘n deeglike agtergrond van hul onderskeie boerderye en produksiepraktyke te skets en ook om hul visie en uitdagings met die groep te deel.

Die belangstelling en kennis van hierdie groep rolspelers is vir ons ‘n riem onder die hart en ons glo dat waardevolle langtermynverhoudinge deur hierdie besoeke gebou is.

image

Publication: February 2015

Section: Relevant