Inset-oorsig

1067

January 2015
image

CORNÉ LOUW, senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA en PETRU FOURIE, ekonoom, Bedryfsdienste, Graan SA

Kunsmispryse goedkoopste vroeër in die jaar

Kunsmispryse kan gedurende die jaar uitermatig wissel en omdat kunsmis as produksie inset so ‘n groot bydrae lewer tot ‘n graan- en oliesadeprodusent se lopende produksiekoste, kan die tyd van aankope ‘n reuse-verskil maak.

Graan SA het uit internasionale en plaaslike kunsmispryse sedert 2004 die gemiddelde maandelikse prys bereken en dit teen die totale jaarlikse gemiddeld geweeg om ‘n indeks te vorm en dit op ‘n grafiek geplot. Hierdie resultate (Grafiek 1 tot Grafiek 4) gee dan vir ons ‘n idee wanneer kunsmispryse tradisioneel en/of op ‘n gemiddelde basis op sy hoogste of laagste is.

imageimage

imageimage

Uit dié inligting blyk dit dat beide internasionale en plaaslike kunsmispryse in Januarie, Februarie of Maart op hul laagste is. Die neiging is ook dat pryse nader aan die einde van ‘n kalenderjaar, op hul hoogste is.

Hierdie tendens kan nie altyd deur somergraanprodusente tot hulle voor deel gebruik word nie omdat die tyd van aankope en die tyd wanneer dit gebruik word met tien maande kan verskil – dit wil sê, rente betaalbaar kan hierdie voordeel neutraliseer. Dit is wel ideaal vir wintergraanprodusente wat al in Maart/April hul kunsmis gebruik.

Publication: January 2015

Section: On farm level