August 2016

— DEEL 1


LANDI KRUGER, datawetenskapkoördineerder: Graan SA

Vir die eerste keer in Graan SA se geskiedenis het al die afgevaardigde produsente geleentheid gehad om gelyktydig te praat en hul mening te lug tydens die 2016 Kongres in Maart vanjaar – en dit sonder om ‘n woord te sê!

Elke produsent is toegerus met ‘n stemtoestel om ‘n reeks vrae te beantwoord waarna die resultate op die grootskerm vertoon is. Die vrae is opgestel om produsente se gevoel oor sekere kwessies te toets asook meer inligting rakende produsente se omstandighede op die plaas uit te lig. Sommige reaksies was kommerwekkend, terwyl ander vir ‘n ligter oomblik gesorg het.

Die terugvoer wat deur die meningspeiling ontvang is, is baie interessant en daar is besluit om die resultate met SA Graan/Grain se lesers te deel.

Demografie

Die Vrystaat was die mees verteenwoordigende provinsie met 42% deelnemers gevolg deur Noordwes Provinsie wat 24% van die 224 lede wat aan die peiling deelgeneem het uitge maak het.

Hoewel die meeste produsente tussen die ouderdom van 36 tot 45 was, was dit interessant om te sien dat 54% van die deelnemers onder die ouderdom van 45 is en 46% deelnemers ouer as 45 is.

Inligting en tegnologie

Sonder betroubare en akkurate inligting, is dit onmoontlik om produksie- en bemarkingsbesluite te neem. Graan SA wou uitvind wat ons produsente se bronne van inligting is, hoe hul die inligting aanwend om besluitneming te ondersteun en watter tegnologie hul ter ondersteuning hiervan gebruik.

Die meeste produsente (41%) verkies om verskeie bronne van inligting te raadpleeg. Naas ‘n kombinasie, word handelaars die meeste gebruik, gevolg deur landboubesighede en Graan SA (Grafiek 1).

Studiegroepe bly ‘n belangrike bron van inligting vir produsente, waar inligting gedeel en bespreek word. Byna twee derdes van die deelnemers behoort aan ‘n studiegroep.

Tegnologie is deesdae deel van ons alledaagse lewe en speel ook ‘n toenemende belangrike rol in ‘n produsent se besigheid. Die doel van dié vrae was om te toets hoeveel produsente tegnologie in hul besighede gebruik, tot watter mate hul besluite daarop baseer en hoe maklik/moeilik hul by die inligting baat vind.

Die resultate wat in Grafiek 2 en Grafiek 3 uitgebeeld word, wys dat die meeste produsente oor ‘n slimfoon beskik en dit as ‘n bron van inligting sien met behulp waarvan hul besluite kan neem. Die ge bruik van tablette is nog nie so gewild soos die gebruik van slimfone nie, maar word deur ongeveer twee derdes van die respondente gebruik. Hoewel sein op plase en landelike gebiede ‘n uitdaging bly, het 92% van die deelnemers ‘n gedeeltelike tot vol sein op hul plase.

Wat Graan SA se produsente sê: 'n Meningspeiling

Die meeste produsente (meer as 90%) is bereid om inligting op ‘n anonieme basis met Graan SA te deel. Die inligting sluit plant- populasie-, kultivar-, lone-, gewasbeskermingsprogramme-, kuns mis- en opbrengs inligting in. Ongeveer 65% van produsente meet hul plaas se winsgewendheid en volhoubaarheid aan bedryfsnorme.

Vanuit die resultate het dit duidelik geword dat produsente baie inligting op ‘n gereelde basis insamel en dit moet verwerk om besluite daaruit te neem. Hoewel dit maklik klink, kan hierdie proses baie uitdagend wees en daar word nie altyd voordeel getrek uit groot hoeveelhede beskikbare inligting nie.

Grafiek 4 wys dat meer as die helfte van die produsente voel dit is moeilik om inligting wat op die plaas genereer word, te integreer en te verwerk. Die stelling word ondersteun deurdat 77% van die respondente ‘n behoefte uitgespreek het aan ‘n diens wat hul kan ondersteun om plaasdata te integreer (Grafiek 5).

Wat Graan SA se produsente sê: 'n Meningspeiling

Hoewel die implementering daarvan gewoonlik in fases geskied, is die toepassing van presisieboerdery ‘n onderwerp wat al ‘n geruime tyd aandag in die graanbedryf geniet. Dit was interessant om te sien dat 80% van die produsente wat aan die peiling deelgeneem het, wel presisieboerderybeginsels op hul plase toepas en 72% van dié wat van presisiekonsultante gebruik maak, baie tevrede was met die diens wat hul ontvang.

Grafiek 6 toon dat die meeste produsente nog self of met die hulp van ‘n familielid hul toerusting bestuur. Weinig maak van kontrakteurs gebruik.

Wat Graan SA se produsente sê: 'n Meningspeiling

Navorsing

Navorsing is krities vir die volhoubaarheid van landbou. Ewe be langrik is die feit dat navorsing gefokus moet wees op die regte knelpunte, dat dit relevant is vir probleme wat op plaasvlak ondervind word en die resultate tydig aan die verskillende rolspelers gekommunikeer word.

Boeredae word gesien as een van die hoofbronne vir navorsingsinligting gevolg deur SA Graan/Grain en die webblad en ander bronne (Grafiek 7).

Soos gemeld, is die fokus van navorsing krities en daarom was dit vir Graan SA belangrik om uit te vind wat produsente as fokusareas van navorsing sien. Ongeveer ‘n derde (34%) van die respondente voel dat navorsing op bewaringslandbou moet fokus, gevolg deur teling (Grafiek 8).

Wat Graan SA se produsente sê: 'n Meningspeiling

Navorsing bestaan uit verskeie komponente en kan teoreties, prakties of ‘n kombinasie van die twee wees. Die sukses van enige navorsingsprojek is deelname. Deelname lei nie net tot die suksesvolle voltooiing van ‘n projek nie, maar lei ook tot die vra van nuwe navorsingsvrae.

Dit is baie verblydend om te sien dat 91% van die produsente proewe op hul plase onderneem en dat 77% bereid is om aan navorsingsprojekte deel te neem. Dit is ‘n bewys dat produsente toegewyd is tot die proses om antwoorde te vind op onbeantwoorde vrae.

Bewaringslandbou

Landboupraktyke is een van daardie onderwerpe wat altyd relevant sal wees, want sodra daar nuwe inligting beskikbaar raak en namate die omgewing verander, word die verandering van praktyke soms genoodsaak. Grafiek 9 wys dat daar nie ‘n dominante bewerkingspraktyk toege pas word nie, maar eerder ‘n kombinasie van metodes. Hierdie resultaat beaam ook waarom produsente bewaringslandbou as ‘n navorsingsfokus uitgewys het.

Finansiering

Een van die negatiewe gevolge van ‘n droogte, soos die afgelope seisoen ervaar is, is produsente se vermoë om hul produksieskuld te diens. Graan SA wou ‘n idee kry van die omvang van die skuld asook produsente se hoofbron van produksiekrediet. Grafiek 10 gee ‘n aanduiding van die skuldsituasie waarin produsente hul bevind. Soos gesien kan word in Grafiek 11, is landboubesighede die grootste bron van produksielenings gevolg, deur kommersiële banke.

Wat Graan SA se produsente sê: 'n Meningspeiling

Wat Graan SA se produsente sê: 'n Meningspeiling

NAMPO Oesdag

Die NAMPO Oesdag is een van Graan SA se grootste inskrywings op die kalender en dit is verblywend om te sien dat 89% van die respondente NAMPO bywoon. Dit blyk nie net ‘n lekker uitstappie vir die produsente te wees nie, maar ook vir hul gades, aangesien 70% aangedui het dat hul gades die dag met hul meemaak – hoewel net 31% hul plaaswerkers saamvat NAMPO toe. In Deel 2 van dié artikel sal nog resultate wat uit die me ningspeiling gekom het met fokus op weer, die droogte, pro duksie-inligting, beleid sake, plaasveiligheid en volhoubaarheid op plase bekend gemaak word.

Kyk gerus uit vir jou volgende uitgawe van die SA Graan/Grain. Moet dit nie misloop nie.

Publication: August 2016