May 2016

image

CORNÉ LOUW, senior ekonoom: Graan SA

Invoere vorm ‘n al groter deel van plaaslike kunsmisverbruik. In 1993 het Suid-Afrika 23% van sy invoerbehoefte aan kunsmis ingevoer terwyl Suid-Afrika in 2013, 79% van sy invoerbehoeftes moes invoer. Amptelike syfers vir 2014 en 2015 kan nóg hoër wees (Grafiek 1). Alle ureum- en kaliumchloriedbehoeftes word reeds ingevoer.

Plaaslike kunsmisbedryf ál meer afhanklik van invoere

Al meer stikstof- en fosfaatbehoeftes word bykomend ingevoer. Is dit goed om só afhanklik te wees van kunsmisinvoere – dié insetmiddel wat ‘n graan- en oliesadeprodusent se grootste uitgawe is? Die eerste rede waarom dit nie goed is nie, is prys. Die huidige situasie bring mee dat plaaslike produsente selfs hoër as invoerpariteit vir kunsmis moet betaal. Die internasionale prys en die wissel koers speel hierin ‘n baie belangrike rol.

Die tweede rede waarom dit nie goed is nie, is beskikbaarheid. Wan neer invoere só ‘n groot gedeelte van jou plaaslike verbruik uitmaak, kan tydige beskikbaarheid ‘n probleem raak. Tans is daar oorgenoeg voorraad op internasionale markte beskikbaar, maar wat doen ons as voorrade weer ‘n laagtepunt bereik? ‘n Land wat in só situasie nie self kunsmis vervaardig nie, trek aan die kortste ent.

Pryse

Dit is veral wintergraanprodusente wat hierdie tyd van die jaar kuns misaankope doen. Kunsmis as produksie-inset maak ongeveer 25% van ‘n koringprodusent se lopende produksiekosterekening uit. Dit is daarom belangrik dat produsente kompeterende pryse vir kunsmis moet betaal.

Omdat Suid-Afrika so afhanklik van kunsmisinvoere is, is die ver wagting dat plaaslike pryse internasionale pryse sal navolg. Die ver gelyking tussen plaaslike en internasionale pryse kan dus help om die kom peterendheid van die plaaslike kunsmispryse te bepaal.

Tabel 1 en Tabel 2 dui aan wat met internasionale kunsmispryse in dollar- en in rand-terme oor ‘n jaartydperk gebeur het. Dit is duidelik dat internasionale pryse in dollar-terme skerp gedaal het, maar die verswakking in die waarde van die rand (met 27%), veroorsaak dat hierdie skerp dalings nie in plaaslike markte deurgegee word nie. Tabel 2 wys dat net dalings in stikstofpryse (ammoniak en ureum) jaarop- jaar verwag kan word. In dollar-terme het DAP byvoorbeeld met 18% teenoor ‘n jaar gelede gedaal, maar as gevolg van die verswakking in die rand, styg die prys in rand-terme met 4,1%.

Plaaslike kunsmisbedryf ál meer afhanklik van invoere

Plaaslike kunsmisbedryf ál meer afhanklik van invoere

Plaaslike kunsmisbedryf ál meer afhanklik van invoereTabel 3 illustreer wat oor ‘n jaartydperk met plaaslike kunsmispryse (gemiddelde pryslyspryse) gebeur het. In dié table kan gesien word hoe plaaslike pryse op internasionale prystendense (Tabel 2) en die wisselkoers gereageer het. Oor ‘n jaartydperk het plaaslike stik stofpryse (KAN en ureum) tussen 2% en 10% gestyg, terwyl inter na sionale stikstofpryse (ammoniak en ureum) in rand-terme skerp gedaal het. Wanneer die tendens van plaaslike MAPpryse met internasionale DAP-pryse vergelyk word, kan gesien word dat plaaslike pryse ook groter stygings as internasionale pryse getoon het. Die kaliumchloriedpryse in die plaaslike mark het met 5,7% gestyg terwyl dit internasionaal, in rand-terme, basies sywaarts beweeg het.

Dit is dus duidelik dat plaaslike pryse nie tot dieselfde mate gedaal het as internasionale pryse nie. In die geval van stikstof het plaaslike pryse gestyg terwyl dit internasionaal, selfs in rand-terme, skerp gedaal het. Hierdie tendens kan sekerlik aan die volatiliteit van die wisselkoers oor die afgelope paar maande toegeskryf word. Die verwagting is egter dat veral plaaslike stikstofpryse nog moet daal.

Grafiek 2 tot Grafiek 5 toon grafies hoe plaaslike prystendense internasionale prystendense (in rand-terme) navolg.

Plaaslike kunsmisbedryf ál meer afhanklik van invoere

Plaaslike kunsmisbedryf ál meer afhanklik van invoere

Plaaslike kunsmisbedryf ál meer afhanklik van invoere

Plaaslike kunsmisbedryf ál meer afhanklik van invoere

Uit die grafieke is dit duidelik dat plaaslike en internasionale kunsmispryse redelik goed korreleer. Plaaslike kunsmis prysver ande ringe blyk egter minder volatiel te wees. Wat opvallend is, is dat internasionale kunsmispryse, selfs in rand-terme, sedert Februarie 2016 begin daal het, maar dieselfde tendens word nie in plaaslike pryse gesien nie, wat waarskynlik aan die wisselvallige wisselkoers toegeskryf kan word. Plaaslike pryse behoort egter binne die volgende paar maande dieselfde tendens te toon.

Publication: May 2016

Section: On farm level