Heffing sal nuwe tegnologie ontsluit

1095

August 2018

SA GRAAN/GRAIN REDAKSIESPAN

Die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye het op 22 Junie vanjaar ‘n statutêre heffing op sojabone goedgekeur waarvolgens saadmaatskappye vergoed kan word vir hul prestasie in die sojaboonsaadmark. Die heffing wat ingevorder word, sal volgens saadmaatskappye se markaandeel aan hulle uitbetaal word.

Die teling-en-tegnologieheffing op sojabone is vir twee jaar goedgekeur, met ingang 1 Maart volgende jaar. Die heffing is R65/ton vir die eerste jaar en R80/ton vir die tweede jaar. Vir meer inligting, lees die persverklaring wat daaroor uitgereik is op Graan SA se webwerf by www.grainsa.co.za of skandeer die QR-kode hierbo. ‘n Volledige artikel hieroor sal ook binnekort in die tydskrif verskyn.

Publication: August 2018

Section: Mini-Focus on Soybeans